Vrystellingaantekeninge
Bestaande probleme
Ons weet reeds van die volgende foute of probleme in Audacity 1.2.6:
Audacity kan MIDI-lêers invoer en vertoon, maar kan hulle nie speel of redigeer nie.
Linux: Opneem in voldupleks (opneem terwyl ander bane gespeel word) veroorsaak op party stelsels dat mono-opnames verwronge of laag klink. Om óm hierdie probleem te werk, stel Audacity om in stereo op te neem.
MacOS X: Audacity kan nie werk met lêers of gidse wat bevat word in gidse met nie-Engelse karakters (aksente, simbole, ens.) in hulle name nie. Lêers met aksentkarakters werk, en Audacity-projekte met aksentkarakters werk. Slegs gidse met aksentkarakters in hulle name sal probleme gee.
Veranderings in Audacity 1.2.6
- Geheue wat lek op Windows reggemaak.
- Probleme met skrifgroottes reggestel.
- Vermiste FLAC-ondersteuning geaktiveer.
- Probleme met die oorteken van die skerm op Mac OS X (slegs PPC) reggemaak.
Veranderings in Audacity 1.2.5
- 'n Amptelike Intel Mac-weergawe is nou beskikbaar.
- Fixed bug in Generate Silence which caused it to apply to all tracks instead of just the selected ones.
- Mac OS X: audio device opening code has been rewritten. First, it
is much more conservative about changing device settings
Veranderings in Audacity 1.2.4b
- 'n Ernstige probleem met die Franse vertaling is gekorrigeer.
Veranderings in Audacity 1.2.4
- Die lêer-kieslys sluit nou 'n lys van onlangse lêers in.
- Die "Genereer stilte"-effek vra nou vir 'n tydsduur.
- Audacity word nou gebou met Vorbis 1.1, met beter enkoderingkwaliteit en saampersing.
- Die sleep van lêers ("dragging") na die Audacity-venster werk nou op Mac OS X en Linux, asook op Windows. (Vantevore het dit slegs op Windows gewerk.)
- Beter ondersteuning vir sekere oudiotoestelle op Mac OS X 10.4 "Tiger"
- Die "Geskiedenis"-venster kan nou ou ontdoenvlakke skrap om skyfspasie te spaar op Windows. (Hierdie het vantevore slegs op Linux en Mac gewerk.)
- Die "voorkeure" is nou in die "Redigeer"-kieslys.
- Die "Spektrum"-opdrag is nou in die "Analiseer"-kieslys.
- As 'n projeklêer oopgemaak word wat deur 'n nuwer weergawe van Audacity gestoor is, word 'n intelligente foutboodskap vertoon. 'n Poging om 'n projeklêer in te voer (eerder as om dit oop te maak) vertoon 'n intelligente foutboodskap.
- Audacity vertaal nou in Visual C++ .NET 2003.
- Ander klein foute is reggestel.
- Nuwe of opgedateerde vertalings: Arabies (ar), Tsjeggies (cs), Fins (fi), Hongaars (hu), Japannees (ja), Noorweegs (nb), Sloweens (sl), Vereenvoudigde Sjinees (zh_CN), Tradisionele Sjinees (zh_TW).

